Protea-vroue uitgeboul

Die Protea-vroue het ‘n slegte dag beleef aan die begin van die eenmalige toets teen Australië op die WACA in Perth. Die besoekers is vir ’n skamele 76 uitgeboul nadat die gasvroue se kaptein, Alyssa Healy, die loot gewen en hulle ingestuur het om te kolf. Australië het teen uitskeityd op 251 vir vyf gestaan – ‘n voorsprong van 175 lopies.