Mpumalanga-polisie ondersoek plaasaanval by WitrivierFebruary 15, 2024
Mpumalanga se polisie ondersoek ‘n saak van huisroof en ‘n aanval op ‘n 66-jarige boer van Witrivier naby die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe. Drie gewapendes het Sondagmiddag Johan le Roux se huis op sy plaas binnegegaan. Hy is aangeval, geskiet en gewond. Die aanvallers het die slagoffer van ‘n paar selfone, vuurwapens en ‘n Ford Ranger-bakkie beroof en van die toneel af gevlug. Polisie-woordvoerder Donald Mdhluli sê die voertuig is later in die omgewing gevind en Le Roux is hospitaal toe geneem vir mediese behandeling.