Maklike oorwinning vir Sinner in eerste wedstryd sedert Aussie Ope
Tennis: Die topgekeurde Jannik Sinner sal vanaand teen die gewilde Franse veteraan Gael Monfils te staan kom in die ronde van 16 op die Rotterdamse Ope in Nederland, nadat hy die plaaslike speler Botic van de Zandschulp maklik geklop het. Dit was sy eerste wedstryd sedert hy die Australiese Ope gewen het. Die Italianer sê hy besef almal wil hom klop sedert hy verlede maand sy eerste Grand Slam-titel verower het, maar hy is gereed vir die uitdaging. Die tweede gekeurde Rus, Andrey Rublev, en die vyfde-gekeurde Australiër, Alex de Minaur, is reeds deur na die kwarteindronde.