Lekker stort het ‘n heel nuwe betekenis

Om toiletware en selfs kamerjasse uit jou hotelkamer te steel is een ding, maar party mense dink hulle is geregtig op dit waarvoor hul betaal.

In die Verenigde Koninkryk het ‘n paartjie, ‘n man in sy vyftigs en ‘n vrou in haar twintigs, so baie van hul stort in hul hotelkamer gehou dat hulle besluit het om die hele eenheid saam te neem huis toe.

Die paartjie het kontant vir hul nag se verblyf betaal en kon dus nie opgespoor word nie. Die personeel by die hotel het eers na hul vertrek besef die hele eenheid is uit die muur uitgebreek en saam geneem.