Jeug bring môre hulde aan Geingob

Inligting-minister Emma Theofelus het aangekondig dat ‘n gedenkdiens vir president Hage Geingob môreoggend deur die jeug by die Onafhanklikheidstadion aangebied sal word. Die ministeriële voorbereidende komitee vir die staatsbegrafnis het ook besluit dat swart roubande om alle amptelike portrette van president Geingob in staatsinstellings en private ondernemings gebind moet word.