ANC parlementslid vra askiesFebruary 15, 2024

Die adjunkvoorsitter van die Suid Afrikaanse Raad van Provinsies het om verskoning gevra omdat sy gesê het beurtkrag is nie die einde van die wêreld nie. Die ANC-parlementslid, Sylvia Lucas, is hewig gekritiseer oor haar kommentaar tydens die debat oor die staatsrede. Lucas sê sy wou bloot  verduidelik elektrisiteit het ná 1994 meer toeganklik vir Suid-Afrikaners geword, aangesien dit voorheen ‘n luukse was.