Eskom ‘het van beste na slegste kragmaatskappy gegaan’
‘n Ontwikkelingsekonoom, Daniel Meyer, sê Eskom het binne 24 jaar van een van die beste kragmaatskappye ter wêreld tot een van die swakstes versleg. Meyer sê verswakkende aanleg- en omgewingsprestasie, tesame met jare se onvoldoende instandhouding het tot voortslepende beurtkrag gelei. Hy benadruk Eskom se toenemende uitgawes aan diesel en groeiende munisipale skuld, is verdere aanwysers van die kragvoorsiener se onbetroubaarheid.