DA Gauteng lê klagtes teen ANC vir beskadiging van verkiesingsplakkate

Die DA in Gauteng sê hy het strafregtelike klagtes teen die ANC in die provinsie gelê vir wat hy noem die opsetlike verwydering van die party se tussenverkiesingsplakkate verlede week in Ekurhuleni. Skade aan verkiesingsplakkate is ‘n strafregtelike oortreding en kan lei tot ‘n groot boete of tronkstraf. Haseena Ismail van die DA sê die land se demokrasie maak staat op politieke verdraagsaamheid en die voorval wys die ANC se desperaatheid terwyl hy hom gereed maak om Gauteng te verloor.