Werkloosheidskrisis kan nie opgelos word in beurtkrag nie

Die ANC-veteraan, Omry Makgoale, glo om aandag te skenk aan Suid-Afrika se werkloosheidskrisis verg dringende optrede en dit kan nie doeltreffend aangepak word te midde van die voortdurende beurtkrag nie. Mokgoale sê die land het oorvloedige hulpbronne en bekwame vaardighede, maar onbevoegde mense word geplaas in sleutelposisies in staatsondernemings. Hy meen dit het bygedra tot die agteruitgang van hierdie instellings en die staat se infrastruktuur.