Sewe sterf in hommeltuigaanval op Oekraïne
Sewe mense, insluitend drie klein kinders, het gesterf in ‘n Russiese hommeltuig-aanval op die stad Kharkiv in Oekraïne. Oleh Synehubov, streekgoewerneur van Kharkiv, sê die Russiese magte het die stad laat Vrydag aangeval en burgerlike infrastruktuur getref, verskeie groot brande veroorsaak en ten minste 15 woonhuise in die ooste van Kharkiv beskadig. Die Oekraïense lugmag sê dat lugverdediging en groepe mobiele hommeltuigjagters 23 uit 31 Russies gelanseerde hommeltuie, wat die Kharkiv-streek in die noordooste van die land en ook die Odesa-streek in die suide geteiken het, neergeskiet het.