Zelenskry stel nuwe weermaghoof aan
Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, het sy top-weermagbevelvoerder, Valerii Zaluzhnyi, afgedank en sê dis tyd vir hernuwing in die gewapende magte. Dis die grootste verandering aan die land se militêre leierskap die afgelope twee jaar. Zaluzhnyi se plaasvervanger is Oleksandr Syrskyi, wat sedert 2019 bevelvoerder van die Oekraïnse landmagte was. Zelensky ontken enige politieke beweegredes vir sy besluit en sê die moeilike situasie waarin soldate in die voorste linie van die oorlog met Rusland hulle bevind, vereis ʼn nuwe benadering.