Side-hustles sal jou besigheid benadeel
Namibië se huidige ekonomiese klimaat is uitdagend, met die lewenskoste wat aanhou styg te midde van stagnante salarisse en inflasiedruk. Baie mense word oorweldig en soek bykomende inkomstebronne, bo en behalwe hul 9-tot-5 vaste werk, en probeer om klein besighede op die been te bring. Danny Meyer van SMEs Compete stem nie met hierdie benadering saam nie. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die bestuur van ‘n besigheid ‘n ernstige saak is en ‘n mens se onverdeelde aandag verg, en op die lang duur sal dit nie werk nie.