Pluimvee bly duur in SA
Eier- en hoenderpryse bly aansienlik hoër in die buurland as in vorige maande weens verskeie faktore. Statistiek SA noem ‘n voortdurende styging in pluimvee- en eierpryse, met vleis-inflasie wat in Desember tot 3,9 persent gestyg het. Die prysaanwyser vir melk, eiers en kaas het oor 12 maande met 14,5 persent gestyg. Eierpryse het met ongeveer 40 persent gestyg vergeleke met ‘n jaar gelede. Uitbrekings van voëlgriep in 2020 en 2023 het tot noemenswaardige tekorte en prysverhogings gelei.