Vrugte teken skerpste styging aan, 17,4%
Die Namibiese Statistieke-agentskap het inflasie van 5,4 persent vir Januarie aangeteken. So het voedselpryse vertoon. Vrugte was 17,4 persent duurder met vis op 14,5 persent. Groente het jou 13,5 persent meer uit die saak gejaag met suiwel en eiers wat op is met 13,1 persent. Koffie en tee was 11,9 persent duurder, suikerprodukte 9,2 persent en vleis, 5,2 persent. Olies en vette het weer gestyg na dit vir ‘n paar maande ‘n inkrimping aangeteken het en was in Januarie 3 persent duurder. Brood en grane net met 0,2 persent gestyg.