Cyril moet armoede, grondhervorming aanspreek
Die GOOD Party sê Suid-Afrikaners hoef nie na nog leë planne in president Cyril Ramaphosa se staatsrede te luister nie, al is dit goed bedoel. Die party se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê daar is te min gedoen aan die maatskaplike en ekonomiese uitsluiting van die verlede. Hy sê Ramaphosa moet sake soos ekonomiese groei, die energie- en armoedekrisis, en grondhervorming aanspreek: