SA se brandstofstyging sal Namibië raak
Terwyl Namibië se brandstofypryse chaos was het die prys in Suid-Afrika het weer gestyg. Die prys van petrol 93 en 95 is met 75 sent per liter verhoog, terwyl diesel met 0,05 persent swael gestyg het met 73 sent per liter en 70 sent vir diesel met 0,005 persent swael. Paraffien het met 53 sent per liter gestyg. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Jannie Rossouw van Wits Besigheidskool gesels oor die prysstygings en hoe dit Namibië sal beïnvloed. Hy sê dit het tot gevolg dat produkte duurder sal word, veral die wat per pad na die buurlande soos Namibië uitgevoer word.