Help die Zemba-kinders, Mbumba, of …February 7, 2024
Plaaslike regsman Kadhila Amoomo het ‘n brief aan president Nangolo Mbumba geskryf waarin hy eis dat Mbumba doeltreffende maatreëls instel om die kwesbare sogenaamde Zemba-kinders van Angola te identifiseer en by te staan. Amoomo het vroeër sy kommer uitgespreek het oor die kinders, sommige net vier tot ses jaar oud, wat houtlepels op die strate van Windhoek en so ver as Lüderitz verkoop. Hy beskou dit ook as ‘n mensehandel-kwessie. Kosmos 94.1 Nuus het met Amoomo gepraat wat sê sy doel is nie om die nuwe president in ‘n lokval te lei nie.
Amoomo gee die president tot 29 Februarie om die kwessie aan te spreek, anders sal hy die kwessie verder vat.