Disney, Lucasfilm gedagvaar vir diskriminasie
Die aktrise Gina Carano dagvaar Disney en Lucasfilm weens diskriminasie en onregmatige afdanking. Sy was Cara Dune in die eerste twee speelvakke van die Disney Plus-reeks The Mandalorian. Die 41-jarige is in 2021 afgedank oor ‘n plasing op sosiale media waarin sy gesê het om ‘n Republikein te wees is vergelykbaar met Jode tydens die Joodse Vervolging. Carano sê sy is getreiter en beledig vir haar regse menings en omdat sy weier om na Disney en Lucasfilm se pype te dans. Sy eis skadevergoeding van sowat 1,4 miljoen Namibiese dollar van Lucasfilm en wil weer in die rolverdeling opgeneem word.