Sal aanlyn kieser-registrasie in Namibië werk?
Die afgelope naweek was die finale Kiesersregistrasienaweek in Suid-Afrika. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het ‘n nuwe aanlyn kiesersregistrasiestelsel genut wat tot die groot sukses bygedra het. Kosmos 94.1 Nuus het met Lifalaza Simataa, die woordvoerder van die Landless People’s Movement, gesels oor of ‘n aanlyn registrasiestelsel ideaal sou wees vir Namibië.