Onbeplande krag-onderbrekings skaad Namibië
Pinehas Mutota, die Elektristeitsbeheerraad se hoofbestuurder van mark- en ekonomiese betrekkinge, sê elektrisiteitsonderbrekings op ‘n weeksdag lei tot verliese vir die land van byna 1 miljard Namibiese dollar per jaar. Dit is as gevolg van verminderde verkope by verskaffers en vervaardiging wat tot stilstand kom. Mutota het tydens ‘n media-inligtingsessie gepraat oor die algehele gevolge van onbeplande krag-onderbrekings.