Net twee hervestiging-begunstigdes aangekondig

Die aankondiging van hervestiging-begunstigdes is vandag vrygestel. Die landbou- en grondhervorming-ministerie het aangekondig dat die boerdery-eenhede wat tussen 13 Oktober en 13 November verlede jaar geadverteer is, toegeken is. Slegs twee begunstigdes is egter aangekondig. Kosmos 94.1 Nuus het met Jona Musheko, die kommunikasiepraktisyn by die ministerie gesels wat verduidelik dat die eenhede binne 30 dae beset moet word.

Musheko sê verder daar is nog nie ‘n datum vasgestel wanneer die res van die begunstigdes aangekondig sal word nie.