Miljoene verlaat onwettig die land – NamRA

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, sê hy het verdagte transaksies, ter waarde van meer as 100 miljoen Namibiese dollar, wat landuit gestuur is, ontdek. Dit is na Suid-Afrika, en Asië en Europa gestuur. Kommissaris Sam Shivute sê die transaksies is gedoen deur belastingontduikende besighede wat sogenaamde spookmaatskappye gebruik.  In die meeste gevalle het hy gesê die rekeninge is geregistreer in niksvermoedende kwesbare individue se name, wat dokumentasie verskaf het onder die dekmantel dat hulle die een of ander vorm van gereelde bystand verleen het. Shivute sê die skuldiges se dae is getel en die agentskap het dit prioriteit gemaak om die mense vas te trek.