ANC probeer stemme koop met minimumloon-verhoging

Die landbou-organisasie, TLU SA, beskuldig die ANC dat hy probeer stemme koop deur die minimum loon te verhoog eerder as om op werkskepping te fokus. Die regering het die nasionale minimum loon van die eerste van volgende maand met 8,5-persent tot 27 Suid-Afrikaanse rand en 58 sent per uur verhoog. Die besluit is op aanbeveling van die Nasionale Minimumloonkommissie geneem. TLU SA se woordvoerder, Bennie van Zyl, sê die verhoging sal tot meer afleggings lei: