Swartbooi loof Geingob se leierskap
Huldeblyke stroom steeds in vir president Hage Geingob wat Sondagoggend vroeg oorlede is. Kommentaar is onpartydig en Geingob word geloof vir sy leierskap. Bernadus Swartbooi, leier van die Landless People’s Movement, wat self ‘n lang, moeilike geskiedenis met Geingob het, ook as adjunk minister van grondhervorming, het met die media gepraat.