Rou-periode amptelik aangekondig
Na president Nangolo Mbumba reeds aangekondig het dat ‘n nasionale rou-periode vandag begin is dit ingevolge protokol deur die inligtingsminister Peya Mushelenga amptelik aangekondig. Alle landsvlae sal hier en waar Namibië diplomatieke sendings het, halfstok wees. Die rou-periode sal eers tot ‘n einde kom wanneer die ontslape Hage Geingob se begrafnis plaasvind. Daardie datum sal binnekort aangekondig word na ‘n komitee, gelei die eerste minister Saara Kuugongelwa Amadhila, deur die kabinet aangestel is om die reëlings te hanteer.