Okakarara-man vas vir veediefstal
‘n 56-jarige Namibiese man sal vandag in die hof op Okakarara verskyn na hy by die veilingskraal by die Ohorongombaranga-pan met twee verse op sy bakkie gevind is. Hy kon geen vervoerpermit verskaf nie en volgens die mag is daar gepeuter met die diere se brandmerke. Polisielede op patrollie het op hom afgekom waar hy die twee verse by die kraal wou aflaai. Die waarde word op 16 000 Namibiese dollar beraam.