SA-minimumloon, ook vir landbou, op met 8,5%

Reaksie van Suid-Afrikaanse landbou word verwag na Thulas Nxesi, die buurland se minister van indiensneming en arbeid, die nuwe minimum loon in die Staatskoerant aangekondig het. Die nasionale minimum loon, insluitend vir plaaswerkers, is vanaf 1 Maart tot R27,58 per uur verhoog. Dit is ‘n verhoging van 8,5 persent vergeleke met die minimum loon van R25,42 per uur tot einde van Februarie. Die verhoging is 2,5 persentasiepunte hoër as die gemiddelde inflasiekoers vir 2023, wat op 6 persent gemeet is.