Fima-konsultasies vir Windhoek kom einde Februarie

Die woordvoerder van finansies sê die openbare konsultasies oor standaarde en regulasies wat bedoel is om uitgereik te word kragtens Hoofstuk 5 van die Wet op Finansiële Instellings en Markte, bekend as Fima, sal einde Februarie in in Windhoek begin na die streke einde verlede jaar voltooi is.

Die kwessie is vertraag. Finansminister Ipumbu Shiimi het opdrag gegee dat alle konsultasies teen Oktober verlede jaar voltooi moes wees. Die ministerie het toe eers in die streke begin.