Duitsers betoog teen verregse AfD

Sowat 150 000 mense het in berlyn betoog teen die verregse Alternatief vir Duitsland, die AfD-party. Dit is die vierde week wat betogings voortduur regoor die land. Duisende mense het na die Reichstag-parlementsgebou in Berlyn opgeruk, waar betogers onder die slagspreuk “We are the Firewall” bymekaargekom het om teen regse ekstremisme te betoog en om steun vir demokrasie te toon. Kanselier Olaf Scholz sê die betogings is ‘n sterk teken ten gunste van demokrasie en ons grondwet. Duitsers het groot kommer oor ‘n terugkeer na die stand van sake net voor die Tweede Wêreldoorlog.