Afcon: Bafana is deur na 2-1 oorwinning
Bafana Bafana is deur na die halfeindronde van die Afrikabeker-toernooi danksy heldhaftige doelwagter en kaptein, Ronwen Williams. Die Suid-Afrikaners het vir die eerste keer sedert 2000 vir Kaap Verde met 2-1 afgereken in ‘n spanningsvolle strafdoelstryd om die laaste vier vir die eerste keer sedert 2000 te haal. Albei spanne kon nie in 120 minute daarin slaag om ‘n doel aan te teken nie. Williams het die dag gered en vier kolskoppe gestuit om sy span die oorwinning te gee. Bafana sal Woensdag teen Nigerië te staan kom, wat in ‘n goeie gees is nadat hulle Angola in hul kwarteindstryd geklop het.