Shell soek nog olie in Oranje-bekken
Nog twee putte sal help om die mees lewensvatbare van die olie-reus Shell se ontdekkings in die Oranje-bekken te definieer. Dit is die mening van die maatskappy se uitvoerende hoof Wael Sawan. Hy sê hulle het genoeg olie in Namibië ontdek om te kommersialiseer, maar soek steeds die sogenaamde ‘sweet spot’. Verlede maand het die petroleumkommissaris Maggy Shino verwagtinge rondom die grootte van Shell se Jonker- en Graff-ontdekkings in die Oranje-bekken getemper en gesê dat hulle onderskeidelik 300 miljoen vate en minstens 200 miljoen vate herwinbare olie bevat.