Grens-riviere vertoon goed, ook by Ruacana
Die Namibiese Hidrologiese Diens sê vlakke in die Okavango-rivier het effe gedaal na 5,67 meter by Rundu maar, daar word verwag dat dit binnekort sal styg as gevolg van hoër vlakke wat by Nkurenkuru aangeteken is. By Katima is die Zambezi-rivier op 1,52 meter gemeet. Vloei is in sommige van die westelike kortstondige riviere aangemeld as gevolg van aanhoudende swaar reën wat inhul opvanggebiede die afgelope dae. By Blouputs vloei die Oranje teen 1,31 meter en 1,72 meter by Sendelingsdrif. Vloei by Ruacana vertoon steeds goed vir die tyd van die jaar met die Kunene wat teen 318,5 kubieke meter per sekonde deur beweeg.