UNRWA se gefondsing moet voortduur – Guterres
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê slegs ‘n tweestaat-oplossing, met Israel en die Palestyne wat langs mekaar woon, kan regverdige en blywende vrede en bestendigheid in die streek verseker. Byna 30 000 mense is dood sedert die Israel/Hamas-oorlog in Oktober verlede jaar weer opgevlam het. Guterres sê daar is geen regverdiging vir die opsetlike doodmaak, marteling óf ontvoering van burgerlikes, óf die lansering van vuurpyle na burgerlike teikens nie. Hy het ook sy oproep op skenkerlande herhaal om nié hulle befondsing aan die VN se Hulp- en Werksagentskap in Gaza op te skort nie: