SA Binnelandse Sake kondig bykomende ure aan vir kiesersregistrasie
Die buurland se binnelandse sake-departement se kantoorure word môre verleng tot 6nm, in ‘n poging om deelname aan die komende verkiesing te vergemaklik. Hierdie naweek sal kantore van 8vm tot 5nm oop wees. Hierdie stap is om die kiesersregistrasienaweek te ondersteun. Jongmense word aangemoedig om die geleentheid vir identiteitsdokument-aansoeke of die afhaal daarvan te gebruik. Die woordvoerder, Siya Qoza, sê kliënte kan afsprake via die tak-afspraakstelsel bespreek of opdaag sonder ‘n afspraak.