Kanadese polisie op soek na gesteelde opgestopte ysbeer

Die polisie in Kanada ondersoek die vreemde diefstal van ‘n taksidermie-ysbeer wat sowat 225-kilogram weeg by ‘n oord naby Edmonton. Die beer, wat sowat 3,6-meter hoog is, is vermoedelik tydens die koue weer vroeg in Januarie, toe temperature tot byna minus-30 gedaal het, gesteel. Dit is op 22 Januarie deur die personeel van die Lily Lake-oord as gesteel aangemeld. Die publiek is gevra om op die uitkyk te wees vir die reuse opgestopte dier.