Kaapse hawe presteer beter na talle uitdagings
Transnet Haweterminale het bevestig die Kaapstadse Houerterminaal het die afgelope week ʼn gedenkwaardige mylpaal bereik met ʼn hoё produktiwiteitskoers van 17 verskuiwings per uur gedurende ʼn enkele skof. Die waarnemende uitvoerende hoof in die Wes-Kaap, Oscar Borchards, sê hulle is voornemens om die prestasie oor ‘n lang tydperk te verseker. Volgens Borchards streef hulle na volgehoue verbetering met die opleiding van operateurs van hystoerusting vir nuwe bokkrane om die beskikbaarheid van die vloot te verbeter en verligting te bied met vraag tydens spitstye.