Gaan registreer om te kan stem!

Die Rally for Democracy and Progress-party het ‘n beroep op die jeug gedoen om ‘n aktiewe rol in hul toekoms te speel deur aan die komende verkiesings deel te neem. Die party se inligting-sekretaris, Nghiningilwandubo Kashume, sê dit is belangrik vir die jeug om hulself te vergewis van hoe belangrik dit vir hulle is om deel te neem aan politieke besluitneming deur te stem. Hy sê mense kan nie ‘n kliniek, skool, pad of behuising eis as hulle nie hulle deel doen deur aan verkiesings deel te neem nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Affirmative Repositioning aktivis, George Kambala, oor die belangrikheid van kieseropvoeding veral met die verkiesing in November.