Engelse Premierligaklubs kry dalk Saoedi-eienaars

Rugby: The Telegraph berig beleggers uit Saoedi-Arabië onderhandel om ʼn belang te bekom in die top Engelse klubs, Leicester Tigers, Gloucester, Northampton Saints en Newcastle Falcons. Saoedi-beleggers wil miljoene pond in die vier Premierligaspanne inpomp. Die Wêreldbeker-wenners van die Springbokke, Handré Pollard en Jasper Wiese, speel tans vir Leicester en is boaan die lys van ‘n sterk groep Suid-Afrikaners, waaronder Ruan Ackermann, Juarno Augustus, Burger Odendaal en Philip van der Walt.