ANC bekommerd oor SA kulturele erfenis
Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee het diepe kommer uitgespreek, hoewel die planne misluk het om oudpresident Nelson Mandela se persoonlike besittings op te veil. Die ANC doen ná die kansellasie daarvan ‘n beroep op strenger maatreëls om die land se kulturele erfenis te bewaar. Die sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het op ‘n nuuskonferensie 2024 uitgelig as ‘n deurslaggewende jaar om vryheid te verdedig en ‘n beter lewe vir almal te bevorder.