SA regering ‘nie ernstig oor uitwissing van korrupsie’
Die Organisasie teen Belastingmisbruik is besorg oor die buurland se stryd teen korrupsie nadat dit volgens die Wêreld Korrupsiepersepsie-indeks van Transparency International tot die laagste vlak in 12 jaar teruggesak het. Die verslag toon Suid-Afrika is een van 23 lande wat hulle laagste posisie nog behaal het en is gegroepeer as gebrekkige demokrasieë. Die uitvoerende hoof van Outa, Wayne Duvenhage, benadruk die negatiewe uitwerking van korrupsie op die ekonomie en pleit by die regering om voorkeur te gee aan die uitwissing daarvan, veral met die naderende verkiesings.