IVP Jeugbrigade vra verwydering van Nzimande, Motshekga
Die Jeugbrigade van die Inkatha-vryheidsparty vra president Cyril Ramaphosa om sy kabinet te skommel. Hulle is veral toegespits op die hoër onderwys-minister, Blade Nzimande, en die basiese onderwys-minister, Angie Motshekga. ʼn Woordvoerder van die Brigade, Sanele Zondo, sê die chroniese onderprestasie en gebrek aan aanspreeklikheid in hierdie departemente het openbare vertroue afgetakel en vertroue geskend in die regering se vermoë om ingevolge sy mandaat te presteer en gehalte onderwys te lewer.