Waarheen is die N$200 000 vir vloedslagoffers?

Die nasionale uitsaaier berig dat die Ohangwena-streekraad ‘n ondersoek na die verdwyning van 200 000 Namibiese dollar wat vir vloedslagoffers bedoel was, gelas het. Dié fondse is verlede jaar deur die Padfondsadministrasie aan die streekraad geskenk, onder die ampstermyn van die voormalige streekgoewerneur, Walde Ndevashiya. Daar word beweer dat die voormalige goewerneur se persoonlike assistent gedurende daardie tyd met die administrasie kontak gemaak het en versoek het dat die geld na die rekening van ‘n maatskappy genaamd Ethics Group Holdings oorgeplaas word. Die raad se hoofstreeksbeampte, Fillip Shilongo, sê die transaksie is sonder die raad se medewete of toestemming uitgevoer.