Valke trek 14 vas vir bestuurslisensie-bedrogJanuary 30, 2024
Veertien verdagtes, waaronder ʼn lid van die publiek wat ʼn lisensie ontvang het sonder dat hy getoets is, verskyn in die Bloemfontein-landdroshof. Hulle is in die Vrystaat, Gauteng en Mpumalanga vasgetrek en staar aanklagte van korrupsie, bedrog en geldwassery in die gesig. Die Valke se woordvoerder, Zweli Mohobeleli, sê hulle ondersoek die saak reeds sedert 2022 ná hulle inligting ontvang het dat beamptes, bestuurskool-instrukteurs en agente betrokke is by die uitreiking van leerling- en bestuurslisensies sonder om die regte prosedure te volg.