RDP-party moedig jeug aan om te stemJanuary 30, 2024
Die Rally for Democracy and Progress-party doen ‘n beroep op die jeug om ‘n aktiewe rol in hul toekoms te neem deur aan die komende verkiesings deel te neem. Die party se inligting-sekretaris, Nghiningilwandubo Kashume, sê dit is belangrik vir die jeug om hulself te vergewis van hoe belangrik dit vir hulle is om deel te neem aan politieke besluitneming deur te stem. Hy sê mense kan nie ‘n kliniek, skool, pad of behuising eis as hulle nie hulle deel doen deur aan verkiesings deel te neem nie.