Kubaane gee raad aan Limpopo
Die LUR vir Limpopo Openbare Werke, Paaie en Infrastruktuur, Nkakareng Rakgoale, het die ontplooiing van tien Kubaanse tegniese adviseurs in die provinsie verwelkom. Dit is deel van die inwerkingstelling van die diplomatieke betrekkinge en bilaterale samewerking tussen Suid-Afrika en Kuba oor infrastruktuur. Rakgoale sê Kubaanse tegniese adviseurs sal die volgende drie jaar saam met die departement se amptenare sosio-ekonomiese infrastruktuurprojekte aanpak, tegniese advies verskaf en tegniese vaardighede oordra: