Kommer oor Sentrale Intelligensie-diens en SIM-registrasie

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het sy kommer uitgespreek oor die registrasie van SIM-kaarte. Navorser Frederico Links sê Sentrale Intelligensie-diens het toegang tot alle inligting en data. Die diens is gesetel in die Kantoor van die President en volgens Links is daar geen oorsig of beheer oor wat die diens doen en watter inligting hy bekom nie. Hy sê hy is uiters bekommerd oor die aanspreeklikheid en wetsraamwerk waaronder die diens bedrywig is.