DA eis dat kernkrag-bepaling herroep wordJanuary 30, 2024

Die DA eis dat die bepaling in die Staatskoerant oor die verkryging van 2 500 megawatt kernkrag vir Suid-Afrika onmiddellik herroep word. Die elektrisiteitsminister, Kgosientsho Ramokgopa, het die energie-departement onder minister Gwede Mantashe opdrag gegee om met ‘n regverdige, deursigtige, bekostigbare en mededingende proses vir die verkryging van kernkrag te begin. Kevin Mileham van die DA sê die bepaling wat Vrydag verskyn het is onreëlmatig.