Wêreld se grootste plesierboot begin nooiensvaart

Die wêreld se grootste plesierboot, Icon of the Seas, het met ‘n nooiensvaart vanaf Miami in Florida, begin. Die reuseskip onderneem ‘n sewe dae lange vaart na die Karibiese Eilande. Die Icon of the Seas beskik oor 20 dekke en kan 7 600 passasiers huisves asook 2 350 bemanningslede. Die plesierboot spog met ses waterglybane, sewe swembaddens, ‘n ysskaatsbaan, ‘n teater en meer as 40 eetplekke, kroeë en sitkamers. Die Icon of the Seas is vyf keer groter as die Titanic.