Durban’s Super Giants verpletter Paarl Royals

Krieket: Durban’s Super Giants wat bo-aan die SA20 punteleer is, het Paarl Royals wat tweede is met 125 verpletter en ʼn bonusoorwinning op Kingsmead behaal. Hulle is die eerste span wat vir die uitspeelwedstryde kwalifiseer. Matthew Breetzke se 78 en Heinrich Klaasen se vinnige vyftigtal van 17 balle het die Super Giants ʼn telling van 208 vir sewe besorg. In antwoord daarop het draaibouler Noor Ahmad vyf paaltjies vir elf lopies laat kantel, wat die beste van sy loopbaan is. Die Royals was op 83 almal uit. Breetzke sê hulle moet aanhou om goed te speel.