Namibië sal baat by Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied

Die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied het ten doel om ‘n voorspoedige Afrika te vestig deur inklusiewe groei en volhoubare ontwikkeling teen 2063. Die hoofdoelwitte is onder meer om ‘n enkele kontinentale mark vir goedere en dienste te skep, met vrye beweging van sakepersone en beleggings, asook die uitbreiding van handel binne Afrika oor ekonomiese gemeenskappe heen. Lukas Muha, die voorsitter van die Nasionale Raad, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die belangrikheid van die ooreenkoms vir Namibië.